Margate 7:
Wat is ‘n margate vakansie sonder ‘n fight? Een laatmiddag ontspan parrie, rien en ek op die trappe voor die wimpy waar ons gesels met onder andere rentia loots wat ‘n ou kennis was van ons van skooldae af. Nou ja volgens ‘n latere verduideliking deur parrie verskaf het ‘n katjie van die baan matrieker ogies gemaak vir rentia en toe sy hom met ‘n gepaste kyk ‘n koue skouer gee, vir haar ‘n lelike teken gewys – dit volgens parrie. Die volgende oomblik verander parrie in ‘n dier en begin die matriek en sommer sy 2 ander makkers bymekaar te maak. Ek en Rien weet nie waaroor dit gaan nie maar ons twee donner toe die 4de makker wat ook handgemeen wil raak. ‘n Heeltemal regverdige opdonner vind toe plaas, Parrie moer 3 ouens halfdood en ek en Rinus moer een ou halfdood. In die aksie belaaide paar sekondes wat als geduur het gly Parrie se wit leer moccasin van sy een voet af en beland op ‘n sinkdak aangrensend aan die wimpy se hoofdak wat die wimpy mense daar opgesit het om die voedselbereidings area groter te maak. Parrie loop op ‘n muurtjie tot so na as moontlik aan sy moccasin en waag dit toe op die sinkdak. Ons hou die verrigtinge dop en sien hoe ‘n wimpy werknemer benoud opkyk toe Parrie deur die dak slet (geeen beter woord). Parrie se 2,5m val word basies gebreek deur die nek van ‘n onskuldige wimpy werknemer – seker hy kry nou nog workmens compensation vir daai besering. Parrie trek sy skoen aan, vra die eienaar om verskoning en stap by die wimpy se voordeur uit.
No comments:
Post a Comment