Margate 3:
Op ‘n keer was Radio Tuks daar om vermaak te verskaf van die boonste vloer van die ou lifesavers gebou af. Hulle kondig toe ‘n “Redds” drink kompetisie aan. Weet ni of hulle die goed nog maak nie maar dit was so aaklige soet alkoholiese chemiese konkoksie van SAB. So ‘n kerel draf op na die stage toe, down omtrent 14 redds in die toegelate tyd, wen ‘n kas redds en begin onmiddelik dit ook te down. Toe hulle hom uiteindelik nader sleep vir ‘n onderhoud klim hy oor die reeling en hang met een arm aan die lifesavers gebou se geut. Die dj wat die onderhoud voer leun ook toe maar half oor na sy kant toe en op die vraag wat sy naam is skree hy oor die mikrofoon “Jerry…. Jerry Boknaai” nodeloos om te se die onderhoud was van korte duur gewees.
Margate Sands het nou begin suur raak oor die student aktiwiteite en het baie keer probeer om die student te beperk om net een week in die woonstelle te bly. Die Vrydag oggend le ek en Rinus in die sitkamer op die sleeper couch en slaap toe die voorportaal mense daar instorm met besems en moppe en ons wakker maak met die woorde “toe toe mnr Smit, julle moet uit die nuwe mense wil al intrek” Rinus kyk met slaperige oe na haar, en vra wie die nuwe mense is. “Groeneveld” antwoord sy selfvoldaan. Aangenaam ek is Groeneveld groet hy haar, draai om en slaap verder. Dit het die selfvoldane smuk op haar gesig afgevee toe sy besef sy is gefnuik met ‘n twee weke bespreking deur dieselfde groep mense onder verskillende vanne.
Op die spesifieke vakansie het ek en Groene-p eers in die voorste slaapkamer geslaap wat dan beteken het ‘n nagreis na die badkamer is uit by die kamerdeur, links in die badkamer in, maak die deur toe en laat waai. Toe ons die 2de week na die sleeper couch toe trek het Rinus se beroemde navigasie hom weer in die steek gelaat. Van die sleeper couch af, links en dan as mens die deur toemaak was jy basies by die muur van die hoofslaapkamer. Dis dan ook daar waar Rinus dan die betrokke aand homself verlig het. Die volgende oggend sien hy so ewe die Smitte wat in die hoofslaapkamer geslaap het pak koerante op die vloer by hulle ingang. Vra hy toe vir die Smitte wat maak hulle, toe hulle hom inlig hulle saniteer so biekie die vloer na hy daarop gepie het erens in die nag. Hulle lig hom toe ook in dat hulle wakker geword het van die slosh geluid, regop gesit het en hom gevra het wat doen hy, waarop hy toe heel kalm ge-antwoord het hy pis kan hulle nie sien nie?
Daai vakansie het twee karakters ons gejoin wat vermaak uit die boonste rakke was. Een aand toe ons regmaak vir Palm Grove het hulle hulself tuisgemaak voor die televisie op die vloer met strandhankdoekke, in kostuums, met suntan lotion, infoplan sonsambreel en ‘n coolerbox vol drank. OP ons vraag, laat weet hulle ons toe dat die fliek “jaws”vanaand op tv wys en mens nie die ware gevoel kan kry as jy dit nie kyk asof jy op die strand is nie, vandaar die hele strandgewaad vir die feeling.
Hulle manier van praat as hulle goed voor was, was soos die ou fotoverhale se styl. Een sal bv. begin deur te se: “kolletjie, kolletjie wolk (dit beteken hy dink) – Ben moet sterf” Die ander een sal dan iets in die lyn se van: “Ben se rewolwer blaf twee keer in sy hand en die boef sterf gruwelik” Aaaargh. SO kon hulle vir ure aangaan.
No comments:
Post a Comment