Tuesday, November 9, 2010

Margate 1: Aankoms.

Met die aankoms op margate het ons soos menere in die margate sands ingetrek. Die voorspan te wete rinus, parrie, pc was reeds daar. Francois Cillie het hom die volgende dag aangesluit. Hy was op daai stadium ‘n manager by total sports in Hatfield en het dus gekwalifiseer vir ‘n company car (Toyota Tuv panelvan) waarvan die tarre ongeveer 500kg was maar hulle met 1200kg se drank afgery het. Hy maak vermelding dat hulle slegs een voertuig verby gegaan het op die trip margate toe en dit was ‘n vragmotor wat gebreek het. Hulle het dus ongeveer 2 dae margate toe gery waar die normale reistyd ongeveer 9 ure was daai dae.

Op daai stadium het rinus toe reeds naam weggegooi deur die vorige aand/oggend ongeveer 2.30am, ‘n vrou se deur af te skop en haar uit te kryt oor sy hom durf vermaan oor hy geraas maak. Die enigste flaw was dat dit nie dieselfde mense was waar hy oorspronklik was nie en dat dit nog minder die mense was waar hy kwansuis daai tyd wou gaan braai met ongeveer 15kg gevriesde braaiwors met komplimente van Infoplan.

Die ding het so gewerk: Ons sit op ons balkon na ‘n sessie by die Palm Grove toe iemand dan vir Rinus wys daar trek actually braaivleis rook van ‘n ander stoep af 2 vloere bo ons en ongeveer 7 woonstelle na links. Die fyner detail na die woonstel toe het Rinus binne 30 sekondes ontgaan en soos ‘n oogwenk is hy met ‘n gevriesde 15kg sak wors oor na die braai om homself te gaan nooi. 3 vloere op en ongeveer 4 deure na links van ons woonstel slaan hy dus die deur hard en aanhoudend en kondig himself luidkeels aan. Die eienaar en sy vrou van die betrokke woonstel (natuurlik gladnie die alleged braaiers nie) ruk die deur oop en kak vir Rinus uit dat die see hom nie kan afwas nie. Rinus vra om verskoning draai om en begin met die gang weg te stap. Nou skop die berugte Groeneveld humeur in en toe hy ongeveer 5 woonstelle weg is “snap” hy finaal omdat die ou hom so sleg gese het en draai nou om sodat hy die man kan gaan vasvat. Die korttermyngeheue en navigasie vermoens laat hom weer in die steek en ongeveer 3 deure verder steek hy vas en begin aan die deur skop en hamer. ‘n Jong meisie maak die deur nou oop en smeek hom om tog net respek te he vir haar en haar jong kinders. Dit laat Rinus nie van stryk bring nie en hy skree vir haar hy voel fokkol vir haar en haar kinders. Die volgende dag kan pc net na enige jongerige vrou wys en Rinus sink in die grond weg van skaamte. Kan natuurlik toe ook nie sy pad weer onthou om haar om verskoning te gaan vra nie.

 

No comments:

Post a Comment