Mootwoord
http://www.mapstudio.co.za/locationmap.php?loc=Die%20Moot
http://www.vpike.com/?place=opaal+street+waverley
Aan die begin
Dis die jaar van onse Heer 2010. Ek sit nou al vir 12 ure op ‘n bus tussen Windhoek en Kaapstad, redelik gatvol. Vir jare praat ons daarvan om ons stories te dokumenteer maar kom net nie sover nie – die logistiek om almal se stories bymekaar te maak het net onmoontlik gelyk. Sedert ek ‘n paar Blogs (ons moet tog ‘n lekker Afrikaanse woord hiervoor kry – bv. elektroniese gebabbel) die afgelope twee jaar op die
www volg het ek besef die logistieke probleem is iets van die verlede en dit kan nou sonder veel moeite gedoen word.
(Miskien iets soos 'n "Muf", akroniem vir MondUitspoelForum ?)
Elke vriendegroep het ‘n sekere dinamika en karakters wat in ‘n groot mate vergelyk met alle ander vriende groepe. As ons die ou bekende
Friends reeks op TV as vergelykbare voorbeeld vat ,dink ek ons sien almal een of meer van ons vriende as ‘n Joey , 'n Chandler of 'n Fibi ens. Die meer onlangse reeks
“How I met your mother” het selfs nog meer besliste steriotipe karakters waarmee ons onself kan vereenselwig. Die Blog gaan oor die stories wat hierdie Moot vriendegroep self ervaar het en word deur hulle self gedokumenteer in hulle eie woorde. Die stories is die heilige waarheid
(reël 1) maar ons laat nie die waarheid in die pad staan van ‘n goeie storielyn nie
(reël 2) – die pap word soms dik aangemaak en van die karakters kan sweer dit het nie so gebeur nie – hulle was waarskynlik nie by die jol nie of het te veel gedrink om te kan onthou
(reël 3). Die Blog poog dus om (nie kronologies) die ervaringe, verhale, stories, gebeurtenisse, staaltjies en sommer lekker-lag-en-kakpraat van die groep te dokumenteer – hoekom? Omdat ons kan.
Die taalgebruik is oorwegend Afrikaans (soos ons dit hier praat) met ‘n paar plofwoorde om effek te skep. Die verwysing na vroulike geslagsdele moet tot die minimum beperk word – ek weet as ‘n ou ‘n
regte doos is dan noem ons hom so maar kom ons gebruik dit net vir die wat dit werklik verdien
(reël 3).
Net die vriendegroep kry die blog se
username en
password en enige een kan byvoeg by die storie indien hulle glo dit sal waarde toevoeg (spelfoute kan enige tyd reggemaak word) – ‘n tipe Wikipedia effek. Soos wat die stories vorder mag ons besluit om ander vriende ook toegang te gee omdat hulle per abuis weggelaat is uit die oorspronklike lys.
Die vriendegroep
Dié klomp vriende is almal in die middle sestigs tot vroeë 70’s gebore en ken mekaar gemiddeld so tussen 20 en 40 jaar. Hulle het die NP se apartheidsbeleid ten volle aanvaar (sommige het dit selfs aktief ondersteun) en betaal vandag kollektiewelik teoreties die prys daarvoor – maar ons voel Fokkol (met 'n hoofletter"F"). Van die vriende sien mekaar miskien net een maal ‘n jaar en, vir periodes oor die laaste 40 jaar glad nie, maar as hulle bymekaar kom is dit soos kettie en klip,
battery en torch na die 2de drankie. Die name in die groep is dinamies veranderlik. Elke ou waaraan ek so vinnig kan dink het waarskynlik 4 verskillende name bv Anton (o.b.a. Patat, Parrie, Strydom en Prematuur). Gevolglik is daar ‘n
hyperlink by elke ou se naam na een of ander webblad
(reël 4) om so bietjie agtergrond te gee. Anton is hierbo as voorbeeld uitgesonder aangesien hy op geen webblad opgespoor kon word nie. Ek sit en oorweeg dit om vir hom ‘n fiktiewe
Facebook entry te maak.
Die vriendegroep het dan ook elkeen sy eie “aangetroude” vriendegroepe en ons wil die aangetroudes aanmoedig om Mootwoord te lees en hulle op hulle beurt weer hulle ander vriendegroepe kry om dit te lees – dit is in alle geval fokken goeie stories en niemand mag daarvan ontneem word nie. Dus,
reël 5 is om soveel as moontlik mense bloot te stel aan Mootwoord. Ons sal weet dis suksesvol indien ‘n onbekende (iemand wat jy korter as 5 jaar ken) by jou kom en Mootwoord aanbeveel as goeie vermaaklikheidsleesstof. Indien ons dus
reël 5 nakom verwys ek weer na
reël 3. Sodra die blog kritiese massa bereik sal ek ‘n Mootwoord
fanpage (Wat van 'n "Bloedblad") op Facebook skep en iets op Twitter doen as ek die dag kan uitwerk wat die doel daarvan is.
Tussen al die vriende is daar duisende foto’s wat die verhale ondersteun en die gebruik van visuele middelle word ten sterkste aangemoedig – selfs daai een waar Gert die
panty vol gate aan het en ek die vroue baaibroek – dit was darem ‘n volkostuum
(reël 6).
Vir die oningeligtes- die "ek waarna hier verwys word is Jannes du Plooy, oorspronklike skepper van die blad. (In prompto- Red)
Ander goed
Baie van die stories kan inkriminerend wees teenoor almal in die vriendegroep. Kom ons vertel die storie en probeer sover moontlik al die karakters se integriteit /
dignity (die van ons wat na 40 jaar se aanjaag nog so-iets oorhet) gestand hou
(reël 7).
Jou storie moet ten minste een ander broer insluit om die
cut te maak – ons vertel die waarheid en ons glo mekaar maar ‘n ander broer moet dit kan sekondeer – die storie kan in alle geval nie so
great wees as ‘n ander broer nie ook by was nie.
(reël 8)
Meeste van die stories sal waarskynlik besmet, of ten minste deurtrek wees met alkohol – so geheelonthouers, preutses, liggeraaktes, polities korrektes en inkenniges moet maar die Huigenoot of Son gaan lees as alternatief.
Skryf die storie soos jy hom sal vertel nadat jy ‘n paar kappe gevat het. Miskien is dit die beste om eers ‘n paar kappe te vat en dan te sit en skryf
(reël 9).
Kom ons probeer sover moontlik by die reels hou
(reël 10)
Die Woord het 10 gebooie, die Mootwoord het 10 reëls.
Voeg maar by en begin skryf..............................