Tuesday, September 7, 2010

Halfzheimers

'n Onskuldige verwysing in 'n email na "Strydom en botter" het die reply gekry en deel in rooi is toe deur John bygevoeg

Die moot storie is reeds n kakspul want dit was John wat met die botter begin het ek het 1 of 2 dosyn eiers gegooi Aanvanklik was dit beperk tot 2 skeppies botter en 1 eier maar nadat Rinus die hele affere gerubberstamp toe hy ‘n eier op Parrie gebreek het was die kat in die duiwehok – ek beam dus jou laaste sin hier Parrie, Gernand het ook iets gegooi (verloofring) ma ek kon nie onthou wat nie ek dink dit was yogert of mayo , wat gebeur met die ou wat feite wetens verdraai sodat die storie hom pas of n ander ou se naam met vals fiete beswadder ? ?

Kan iemand die jaar onthou? En wie was almal daar?

Ek kan wel die einde goed onthou met my voogde wat teruggekom het na vakansie, rou eier in die gang-gordyn en hot tray gekry het en net daar het die befaamde woorde van "my huis het 'n knock gevat" tot stand gekom..... en o ja, die vinger-merke is die botter het ook teen ons getel!

En vaagweg 'n situasie in die skoonmaak-poging waar my gesig deur A gemop is...