Thursday, February 24, 2011

 

 

Jannes---Disclaimer-small

 



__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 5413 (20100831) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Friday, February 11, 2011

Die perde met jokkies en die punch – verwys margate 8

 

Description: C:\Users\JohnD\Pictures\jokkies en punch.jpg

 

 

Thursday, November 11, 2010

Margate 8:

Later daai week hou ons toe een aand ‘n inbly in die woonstel – dis wanneer ‘n sekere persoon al almal gebrand het in Margate en hy eers ‘n aand moet wag sodat dinge kan afkoel in die dorp. Rista se boyfriend en sy vriende word toe deur ons nadergetrek vir drinking games – perderesies om meer presies te wees. Dit werk so: daar is tot 4 perde (die vier aces in die pak) wat kan deelneem en dan geborg deur toeskouers aangemoedig word. Die lengte van die resies word bepaal deur ‘n aantal kaarte te pak van 1 tot 10. Nou word die oorblywende kaarte in die pak omgedraai en die “suit”van die kaart bepaal watter perd skuif vorentoe een stap. ‘n 2 van klawers laat bv die ace van klawers een tree nader beweeg aan die eindpunt. Die laaste perd se toeskouers word dan gepenaliseer (of beloon aan die begin van die game) met drank. Een van Rista se boyfriend se pelle bring toe ‘n splinternuwe pak kaarte te voorskyn, blykbaar deur sy duitse ouma uit duitsland as ‘n geskenk aan hom gegee en hy vra dat ons tog baie versigtig met hulle werk en weg hou van vog of enige iets anders af. Plegtig belowe ons. Nou moet ek verduidelik van die strafdop – heerlike gemengde ingelegde vrugte total gebalanseer deur grenadella koeldrank met vodka by. Aanvanklik in perfekte balans maar dan later in die resies keurig vermeng met watookal nog oor is in die woonstel en besliste preferensie vir sterk drank. Waar ons dus die aand afgeskop het met vrugte 30%, koeldrank 50% en vodka 20% het buite invloed dit gou verander na vrugte 5%, koeldrank 5% en vodka 90%. Nodeloos om te se toe raak die perderesies groot. Met ‘n kundige span aan die moters se kant, ek en rien wat die ander span besig hou met trivia soos die lengte van die volgende resies, meng van die vrugtepons, aanvat oor hulle perde verloor ens., skommel Jannes nie die kaarte nie maar berei hulle individueel voor onder die tafel buite sig op so ‘n manier dat die ander span (baie goed onder die invloed van pons en verskriklik aandagafleibaar op daai stadium met kotssessies) nie agterkom dat die resies selfs meer “skeef”is as ‘n wapentransaksie tenderproses nie. Na ‘n verskriklike klomp kere wat die ander span verloor en dan moet drink, kom rien met die voorstel dat hulle verloor oor hulle nie “jockeys”op hulle perde het nie. Dit word positief ontvang as ‘n motivering vir hulle perde. So het ons perde dan goed soos dooie motte en kakkerlakke op met die volgende resies terwyl die man wat aan die begin van die aand vir ons mooi gevra het om sy ouma se kaarte op te pas, ‘n groot peer uit die vrugtepons as “jockey”het – soveel vir mooi oppas. Die hele speletjie het geeindig met Rista se boyfriend en sy vriende wat orals opgooi en/of uitgepass het. Jare later as grootmens by ‘n deftige funksie stap ‘n gesiene raadslid van ‘n komitee na my toe na die tyd, kyk my stip aan en se toe “jy en jou vriende het my alkoholvergiftiging  gegee in margate met perderesies” Wat kan ‘n mens se? As jy met die groot duiwe wil vlieg moet jy groot pitte kan eet.

Margate 7:

Wat is ‘n margate vakansie sonder ‘n fight? Een laatmiddag ontspan parrie, rien en ek op die trappe voor die wimpy waar ons gesels met onder andere rentia loots wat ‘n ou kennis was van ons van skooldae af. Nou ja volgens ‘n latere verduideliking deur parrie verskaf het ‘n katjie van die baan matrieker ogies gemaak vir rentia en toe sy hom met ‘n gepaste kyk ‘n koue skouer gee, vir haar ‘n lelike teken gewys – dit volgens parrie. Die volgende oomblik verander parrie in ‘n dier en begin die matriek en sommer sy 2 ander makkers bymekaar te maak. Ek en Rien weet nie waaroor dit gaan nie maar ons twee donner toe die 4de makker wat ook handgemeen wil raak. ‘n Heeltemal regverdige opdonner vind toe plaas, Parrie moer 3 ouens halfdood en ek en Rinus moer een ou halfdood. In die aksie belaaide paar sekondes wat als geduur het gly Parrie se wit leer moccasin van sy een voet af en beland op ‘n sinkdak aangrensend aan die wimpy se hoofdak wat die wimpy mense daar opgesit het om die voedselbereidings area groter te maak. Parrie loop op ‘n muurtjie tot so na as moontlik aan sy moccasin en waag dit toe op die sinkdak. Ons hou die verrigtinge dop en sien hoe ‘n wimpy werknemer benoud opkyk toe Parrie deur die dak slet (geeen beter woord). Parrie se 2,5m val word basies gebreek deur die nek van ‘n onskuldige wimpy werknemer – seker hy kry nou nog workmens compensation vir daai besering. Parrie trek sy skoen aan, vra die eienaar om verskoning en stap by die wimpy se voordeur uit.

Margate 6:

Ons het toe verder op erens naby die Checkers in woonstelle ingetrek vir die res van die vakansie. Hier het ons een aand die wildste hat&shirt (ok een van die 10 bestes) gehad. Ons lees op plakkate dat die palm grove daai aand ‘n hat&shirt aanbied met sommer ‘n mej wet t-shirt kompetisie ingegooi. Ons begin dus van net na roll-call af die oggend geestelik en fisies voorberei vir die geleentheid. Ek dink nie een van ons het ‘n hoed opgehad nie maar almal was net in t-shirts aangetrek.

EK onthou iemand het nog ‘n onderbroek vertoon met ‘n verdagte nat kol op as deel van sy mondering. Die funksie was ‘n reuse sukses maar strauli het biki van ‘n demper op die organiseerders se entoesiasme geplaas toe hy in die storthokkie op die verhoog gegaan het met sy picante 100kg plus lyf, en begin strip het in die stortwater. Sy verrigtinge is amptelik gestaak deur die bouncers toe hy sy aap teen die glas stort se kante begin druk het vir bewondering deur die vroulike aanhangers.

Margate 4:

Aai die voordeel van her-eksamen darem. Rien moes een of ander vak her op die tuks kampus en ons almal het ons al op daai stadium dood bekommer want ons het soos gewoonlik weer die margate vakansie bespreking tot op die laaste gelos en dit het vir ons gelyk asof ons erens sou moes plak by ander mense en stelselmatig ons eie verblyf moes kry oral waar ons kon. Hy is toe klaar geskryf toe hy sien hier plak ‘n kerel ‘n advertensie op wat lees “margate verblyf om te deel” Onmiddelik storm rien nader en dis toe ‘n tweeslaapkamer woonstel reg op die hoek oorkant die wimpy en margate sands bo die kafee wat daar was, meer ideal kan jy nie kry nie. Rien kontrakteer toe onmiddelik met hom dat ons die ander kamer vat. As die arme kerel maar geweet het wat op hom en sy “vriend”wag het hulle gladnie opgedaag nie.

Ek, Anton en Rinus pak toe die tog aan met Anton se kapoen kleur mazda 323. Agtergrond: Parrie volunteer om te bestuur maar ek en Rinus mag niks drink tot net voor Margate nie. Parrie ry as ‘n reel nie vinniger as 80km/h nie so by dele op die pad af waar mens om ‘n lang draai gaan en die aanbevole snelheid op ‘n bord aangedui word as 100km/h (af van die normale 120km/h) mag jy dit soms ervaar dat parrie actually dan versnel op na 100km/h toe waar ander mense spoed sal verminder.

Goed ons arriveer toe by die droomadres maar die 2 karnallies is weg met die sleutel erens strand toe. Ons wil afpak en ons cooler operasioneel kry so gou as moontlik. Oplossing, rinus klim op na die 1ste verdieping, breek in die proses ‘n muur en breek in by die woonstel en maak alles oop. Nou raak ek en parrie dors daar onder in die straat en hy gooi die cooler vir ons af – wat natuurlik hop in die straat en ‘n moerse commotion veroorsaak. Intussen kom die opsigter van die woonstelle daar aan, sien wat het rien gedoen en gooi ons reeds uit die woonstel uit voor ons nog ingeboek het. Rien het vir haar blomme gaan koop toe is ons weer in die woonstel in. In die getjommel met die opsigteres, kom Parrie daar aangestap stel homself voor as Anton Strydom van Strydom prokureurs en lig die tannie in dat hy rinus goed ken en dat hy ‘n ouuu moelikheidmaker is wat eintlik agter tralies hoort. Hulle kom kuier elke jaar hier en misbruik drank en neem Margate op horings. Hy oortuig dus die tannie half om vir Rinus in sy custody te plaas waarna ons die cooler terugkry en op ‘n maklike manier ‘n spaarsleutel by die opsigter kry en intrek.

Ons het natuurlik terug in pta voor ons vertrek van almal van ons beste verblyf vertel en toe ook sommer mense genooi ook om by ons in te kom trek. Hulle het op hulle beurt weer mense genooi so ek skat ons was so 30 mense daai eerste aand wat in die woonstel geslaap het. Toe die 2 rakkers wat die huurkontrak geteken het later daai aand terugkom is dit chaos in hulle woonstel. Soveel so dat hulle hul in hulle kamer gaan toesluit het en ek hulle nooit weer daai vakansie gesien het nie, hulle het so 6uur in die oogend gaan shower en iets ge-eet wat hulle in hulle kamer weggesluit het (as dit in die kombuis was het parrie dit opge-eet) en dan vir die res van die dag verdwyn. Hulle was om die minste te se ek dink vreesbevange en as die cronies van die ANC gedink het hulle het plakkerskampe uitgevind het ek ‘n moerse verassing vir hulle.

Op die 2de aand wys parrie my daarop dat daar 4 girls in ‘n mini wil slaap reg onderkant ons in die straat. Soos blits is ons af, ruk hulle uit die mini uit, hulle weet nie wat ons met hulle wil doen nie want daai dae het mense nog nie geweet van aanrand nie. Al protesterende trek ons hulle terug woonstel toe en bied onmiddelik vir hulle ons beddens aan. Ons het natuurlik heel onkuise planne met hulle gehad maar dit hoef hulle nie te geweet het nie – ook natuurlik op die willing recipient basis. So kom daar toe veldmuis geluide later die aand van broer piet se bed se kant af waar broer piet toe verwelkom was deur een van ons gaste. EK en parrie en natuurlik die volgende dag  die veldmuis geluide heeldag nagemaak op die gras voor die wimpy elke keer as ons haar of broer piet gewaar het. Ons het met hartseer na ‘n week daai woonstel opgegee en ek dink die 2 rakkers wat dit gehuur het is reguit na ‘n gestig toe tot vandag.

Tuesday, November 9, 2010

Margate 3:

Op ‘n keer was Radio Tuks daar om vermaak te verskaf van die boonste vloer van die ou lifesavers gebou af. Hulle kondig toe ‘n “Redds” drink kompetisie aan. Weet ni of hulle die goed nog maak nie maar dit was so aaklige soet alkoholiese chemiese konkoksie van SAB. So ‘n kerel draf op na die stage toe, down omtrent 14 redds in die toegelate tyd, wen ‘n kas redds en begin onmiddelik dit ook te down. Toe hulle hom uiteindelik nader sleep vir ‘n onderhoud klim hy oor die reeling en hang met een arm aan die lifesavers gebou se geut. Die dj wat die onderhoud voer leun ook toe maar half oor na sy kant toe en op die vraag wat sy naam is skree hy oor die mikrofoon “Jerry…. Jerry Boknaai” nodeloos om te se die onderhoud was van korte duur gewees.

Margate Sands het nou begin suur raak oor die student aktiwiteite en het baie keer probeer om die student te beperk om net een week in die woonstelle te bly. Die Vrydag oggend le ek en Rinus in die sitkamer op die sleeper couch en slaap toe die voorportaal mense daar instorm met besems en moppe en ons wakker maak met die woorde “toe toe mnr Smit, julle moet uit die nuwe mense wil al intrek” Rinus kyk met slaperige oe na haar, en vra wie die nuwe mense is. “Groeneveld” antwoord sy selfvoldaan. Aangenaam ek is Groeneveld groet hy haar, draai om en slaap verder. Dit het die selfvoldane smuk op haar gesig afgevee toe sy besef sy is gefnuik met ‘n twee weke bespreking deur dieselfde groep mense onder verskillende vanne.

Op die spesifieke vakansie het ek en Groene-p eers in die voorste slaapkamer geslaap wat dan beteken het ‘n nagreis na die badkamer is uit by die kamerdeur, links in die badkamer in, maak die deur toe en laat waai. Toe ons die 2de week na die sleeper couch toe trek het Rinus se beroemde navigasie hom weer in die steek gelaat. Van die sleeper couch af, links en dan as mens die deur toemaak was jy basies by die muur van die hoofslaapkamer. Dis dan ook daar waar Rinus dan die betrokke aand homself verlig het. Die volgende oggend sien hy so ewe die Smitte wat in die hoofslaapkamer geslaap het pak koerante op die vloer by hulle ingang. Vra hy toe vir die Smitte wat maak hulle, toe hulle hom inlig hulle saniteer so biekie die vloer na hy daarop gepie het erens in die nag. Hulle lig hom toe ook in dat hulle wakker geword het van die slosh geluid, regop gesit het en hom gevra het wat doen hy, waarop hy toe heel kalm ge-antwoord het hy pis kan hulle nie sien nie?

Daai vakansie het twee karakters ons gejoin wat vermaak uit die boonste rakke was. Een aand toe ons regmaak vir Palm Grove het hulle hulself tuisgemaak voor die televisie op die vloer met strandhankdoekke, in kostuums, met suntan lotion, infoplan sonsambreel en ‘n coolerbox vol drank. OP ons vraag, laat weet hulle ons toe dat die fliek “jaws”vanaand op tv wys en mens nie die ware gevoel kan kry as jy dit nie kyk asof jy op die strand is nie, vandaar die hele strandgewaad vir die feeling.

Hulle manier van praat as hulle goed voor was, was soos die ou fotoverhale se styl. Een sal bv. begin deur te se: “kolletjie, kolletjie wolk (dit beteken hy dink) – Ben moet sterf” Die ander een sal dan iets in die lyn se van: “Ben se rewolwer blaf twee keer in sy hand en die boef sterf gruwelik” Aaaargh. SO kon hulle vir ure aangaan.