Thursday, November 11, 2010

Margate 4:

Aai die voordeel van her-eksamen darem. Rien moes een of ander vak her op die tuks kampus en ons almal het ons al op daai stadium dood bekommer want ons het soos gewoonlik weer die margate vakansie bespreking tot op die laaste gelos en dit het vir ons gelyk asof ons erens sou moes plak by ander mense en stelselmatig ons eie verblyf moes kry oral waar ons kon. Hy is toe klaar geskryf toe hy sien hier plak ‘n kerel ‘n advertensie op wat lees “margate verblyf om te deel” Onmiddelik storm rien nader en dis toe ‘n tweeslaapkamer woonstel reg op die hoek oorkant die wimpy en margate sands bo die kafee wat daar was, meer ideal kan jy nie kry nie. Rien kontrakteer toe onmiddelik met hom dat ons die ander kamer vat. As die arme kerel maar geweet het wat op hom en sy “vriend”wag het hulle gladnie opgedaag nie.

Ek, Anton en Rinus pak toe die tog aan met Anton se kapoen kleur mazda 323. Agtergrond: Parrie volunteer om te bestuur maar ek en Rinus mag niks drink tot net voor Margate nie. Parrie ry as ‘n reel nie vinniger as 80km/h nie so by dele op die pad af waar mens om ‘n lang draai gaan en die aanbevole snelheid op ‘n bord aangedui word as 100km/h (af van die normale 120km/h) mag jy dit soms ervaar dat parrie actually dan versnel op na 100km/h toe waar ander mense spoed sal verminder.

Goed ons arriveer toe by die droomadres maar die 2 karnallies is weg met die sleutel erens strand toe. Ons wil afpak en ons cooler operasioneel kry so gou as moontlik. Oplossing, rinus klim op na die 1ste verdieping, breek in die proses ‘n muur en breek in by die woonstel en maak alles oop. Nou raak ek en parrie dors daar onder in die straat en hy gooi die cooler vir ons af – wat natuurlik hop in die straat en ‘n moerse commotion veroorsaak. Intussen kom die opsigter van die woonstelle daar aan, sien wat het rien gedoen en gooi ons reeds uit die woonstel uit voor ons nog ingeboek het. Rien het vir haar blomme gaan koop toe is ons weer in die woonstel in. In die getjommel met die opsigteres, kom Parrie daar aangestap stel homself voor as Anton Strydom van Strydom prokureurs en lig die tannie in dat hy rinus goed ken en dat hy ‘n ouuu moelikheidmaker is wat eintlik agter tralies hoort. Hulle kom kuier elke jaar hier en misbruik drank en neem Margate op horings. Hy oortuig dus die tannie half om vir Rinus in sy custody te plaas waarna ons die cooler terugkry en op ‘n maklike manier ‘n spaarsleutel by die opsigter kry en intrek.

Ons het natuurlik terug in pta voor ons vertrek van almal van ons beste verblyf vertel en toe ook sommer mense genooi ook om by ons in te kom trek. Hulle het op hulle beurt weer mense genooi so ek skat ons was so 30 mense daai eerste aand wat in die woonstel geslaap het. Toe die 2 rakkers wat die huurkontrak geteken het later daai aand terugkom is dit chaos in hulle woonstel. Soveel so dat hulle hul in hulle kamer gaan toesluit het en ek hulle nooit weer daai vakansie gesien het nie, hulle het so 6uur in die oogend gaan shower en iets ge-eet wat hulle in hulle kamer weggesluit het (as dit in die kombuis was het parrie dit opge-eet) en dan vir die res van die dag verdwyn. Hulle was om die minste te se ek dink vreesbevange en as die cronies van die ANC gedink het hulle het plakkerskampe uitgevind het ek ‘n moerse verassing vir hulle.

Op die 2de aand wys parrie my daarop dat daar 4 girls in ‘n mini wil slaap reg onderkant ons in die straat. Soos blits is ons af, ruk hulle uit die mini uit, hulle weet nie wat ons met hulle wil doen nie want daai dae het mense nog nie geweet van aanrand nie. Al protesterende trek ons hulle terug woonstel toe en bied onmiddelik vir hulle ons beddens aan. Ons het natuurlik heel onkuise planne met hulle gehad maar dit hoef hulle nie te geweet het nie – ook natuurlik op die willing recipient basis. So kom daar toe veldmuis geluide later die aand van broer piet se bed se kant af waar broer piet toe verwelkom was deur een van ons gaste. EK en parrie en natuurlik die volgende dag  die veldmuis geluide heeldag nagemaak op die gras voor die wimpy elke keer as ons haar of broer piet gewaar het. Ons het met hartseer na ‘n week daai woonstel opgegee en ek dink die 2 rakkers wat dit gehuur het is reguit na ‘n gestig toe tot vandag.

No comments:

Post a Comment