Margate 2:
Die beroemde Strauli was in daardie dae selfs ‘n bekwame veld atleet gewees en het een aand ons vloer se Kirby vacuum cleaner ongeveer 75m ver in die swembad laat plons van die 5de verdieping af met die welbekende hamergooi tegniek.
Ons het daai vakansie goed ge-eet. In die oggende het ‘n “posduif” die deur afgetrap en ‘n vuurwarm witbrood in die kombuis neergesit. Ons het dan die brood met ons hande gesny (al was die margate sands beter ge-equip met kombuisware as 90% van die moot se huise) en aromat op gesprinkel wat dan ons ontbyt gevorm het. ‘n Laatmiddag snack het vir homself gesorg want dan het ons by meisies studente wat hulle woonstelle oopgelos het ingegaan en die yskaste geraid. Eenmaal onthou ek stuur ons vir parrie na die sitkamer om die meisies te entertain en ons maak hulle bak pasta slaai klaar wat hulle in die kombuis gelos het om af te koel voor hulle dit wou eet.
Dan was dit sort van aantrek en regmaak vir die strand want dit was ‘n allerheiligste sonde as jy nie 9uur op die strand was vir Parrie se roll-call nie. In die beginjare het ons drank openlik misbruik maar later dae mag mens die goed nie openlik vertoon het nie. Ek en Parrie het dan in die oggende net voor roll-call vir ons ‘n blikkie coke by die wimpy gaan koop, die inhoud uitgegooi voor ‘n geregsdienaar en dit dan opgevul met laa-toesh uit ‘n overmeer papsak aangeskaf teen ‘n ekonomiese R23 vir 5liter. Die heeldag son en laa-toesh gebruik het dan gewoonlik hier teen laatmiddag sy tol begin eis op die liggaam en dan eenkeer gemaak dat ek ‘n dosis laa-toesh van ongeveer 2 meter hoogte direk in ‘n wolfhond se oor laat val het, hond het op sy, sy gele en dut in die son en die drank het dus ongeveer met genoeg momentum sy oor ingegaan om min of meer erens by sy breinstam tot ruste te kom. Om ‘n wolfhond so wakker te maak veroorsaak dat hy hoogs bedonderd dog verboureerd opvlieg en gelyk knor, tjank en rondhardloop teen mense – moerse snaaks as mens al wel bedien is.
No comments:
Post a Comment