Saturday, August 21, 2010

Mootwoorde


Elke streek van ons land het maar sy eie dialek van die taal. In Namakwaland beweer daai province supporters mos hulle is ten volle tweetalig: hulle praat vlot Afrikaans asook Namakwalands. In die Moot is dit nie veel anders nie. Die ryke verskeidenheid van eie woorde het dit soms moeilik gemaak vir Afrikaners om moters (nie motors nie) te volg as dinge lekker op dreef is.
Ten einde hierdie MUF te kop is die lys hieronder van onskatbare waarde.
Mootwoord 
100 Sien "kookwater" 
AC Spoes 
Blou Iguana Kan nie eens meer die joint se regte naam onthou nie.  Break For the Border?
Boye Hierdie groep; Broers – spelling??
Conekko Iemand wat jy ken – HELP spelling?
Ewing Aanduiding van die olievlak in iemand se hare. Ook 'n aanduiding van die nodigheid vir 'n stort. Verwysing na die oliebaronne in "Dallas".
Geringer De Wet 
Gor Aanduiding van 'n broer se versadigingsvlak of gebrek daaraan
(w) is honger bv. "Gor jy?" m.a.w "Is jy honger?"  In die praktyk sal iemand soos Parrie na 'n bak frikkadelle op 'n ander broer se Moer se stoof staar en dan sê : "Gor Gor". So blatante uiting van kullinêre wellus is gewoonlik gevolg deur 'n afwysende " Gor Gor se p..."  Nie dat dit ooit met Parrie gehelp het nie...
Hanswors Red Heart Rum 
Kapoen Oranje-bruin Mazda 323 
Koer(w) Vry (Ingesluit soen, hofmaak, pomp, uitgaan, kuier, betas, ens.) 
Kokkeroteer Parasiteer/lê op iemand se nek; sien ook "Plak"  Die term is ook soms as naamwoord ingespan, bv: "Kokkerot, wil jy nog faaiiiit? "
Kook 
(w) 1. Partytjie hou. 2. Voorspoedig wees; goedgaan
(sn) Partytjie
Kookwater Uitstaande/briljant/aanvaarbaar 
Kop (w) Begryp/verstaan
Kopper GroeneP Ook Riem, Riempa
Mout (sn) Koue/bruisdrankie/skuimkop Om nie verwar te word met die Australiese uitspraak van die "Moot" nie...
Naaf (sn) Groen NAVO baadjie
(bw) NAFI 
P (w) hard klap bv."hy't hom ge-p";
(sn) drol/poephol 
Plak Woon/bly/oornag/slaap/bevind 
Spoes Stok; Stokkie; AC 
Stok Spoes 
Swakke(s)(sn) 1. Dames van twyfelagtige sedes "Gaan daar 'n paar swakkes wees?" 2. Grap(pe) 3. Flatus "Hy het 'n swakke gelos."
UPO Wil ons definieer?
UST Wil ons definieer? 
Voogde Ouers bv. "Plak by die voogde" (soos dikwels oor Parrie gesê is op die rype ouderdom van 35) 
Zo of Nzo Du Plooy 
 Dink gerus ook aan die insluiting van die volgendes:
 Aaptwak
 Bloed/ broer
 Kief/ Kif
 Zef/ zeffer
 Safe
 Hein Wilhelm/ Bentimus/ HW 
 Jakke Snyman
 Waats/ Waties/ Loodoor


Hierdie lukrake lys moet maar groei soos wat die bydraers deur die anale krap (dis nou nie gatkrap nie). Dit mag wees dat daar 'n aantal terme uit die algemene spreektaal ingesluit is en dat die dus verwyder moet word.

No comments:

Post a Comment